GALERY – NG Kerk se Wes-gemeente in Standerton hou basaar
Die N.G. Kerk se Wes-gemeente het Saterdag, 27 Oktober, ’n basaar aangebied en daar was iets vir oud en jonk.
Met die Currie-Beker eindronde wat tussen die Westelike Provinsie en die Haaie van Natal beslis is, was dit net gepas dat die tema ‘Rugbyjol, dis hoe ons rol’ was.