EntertainmentLifestyle

Standerton Landbou Skou open amptelik

Volgens die span aan diens by die kaartjiekantoor, verwag hulle dat dit geleidelik besiger sal raak, veral met die oog op die kunstenaars wat vanaand optree.

Mnre. Linda Dhlamini, burgemeester van die Lekwa Munisipaliteit en Jan Saaiman van DeKalb het op 13 September om 12nm die Standerton Landbou Skou amptelik geopen.

Nadat die lint seremonieel geknip is, het past. Gerhard Swart van die Volle Evangelie Kruis Generasie uit twee gedeeltes in die Bybel, Ps.145:8-15 en 1 Kor. 5:8, voorgelees voordat met gebed afgesluit is.

Past. Swart het die hoop uitgespreek dat die skou vanjaar geskiedenis sal maak.

Die plaat voertuie buite die hoofingang het reeds op belangstelling gedui en mense by die kosstalletjies was duidelik gereed om fluks sake te bedryf.

Volgens die span aan diens by die kaartjiekantoor, verwag hulle dat dit geleidelik besiger sal raak, veral met die oog op die kunstenaars wat vanaand optree.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button