Skoupresident aan die woord
Ons het die jaar afgeskop met 'n spiksplinternuwe komitee en ons brand van opgewondenheid oor die uitstallers - vee, perde, die VLU en stalletjies - asook die kunstenaars wat saam met ons wil kom kuier by die skou.
Die tyd het uiteindelik aangebreek en die Skou is op ons voorstoep!
Ons kan nie wag om vir julle, “ons mense”, te wys wat ons in die mou voer nie…
Ons het die jaar afgeskop met ‘n spiksplinternuwe komitee en ons brand van opgewondenheid oor die uitstallers – vee, perde, die VLU en stalletjies – asook die kunstenaars wat saam met ons wil kom kuier by die skou.
Met DEKALB as hoofborg, voel ons baie trots dat die skou homself met so ‘n groot naam mag vereenselwig.
Dit beteken natuurlik nie dat ons ander borge onmisbaar is nie.
ELKEEN van hulle, hoe gering ook al, dra by tot ons missie – om te kan terugploeg in ons gemeenskap.
Ons is baie dankbaar vir elkeen van julle!
Ons stel vanjaar “Die Bondgenoot” bekend, wat jou volledige gids tot die skou, die program, terreinkaart, ‘n opwindende gesinskompetisie en al die borge wat hand en hart oopgemaak het teenoor Standerton bevat. Dit sal gratis by die hekke uitgedeel word – Kom neem deel en staan ‘n kans om daaglikse pryse en ‘n gesinsvakansie of -uistappie te wen!
Die Skou hou vele hoogtepunte in.
Hou ons “Facebook” blad – Standerton Landbou Skou – dop vir meer inligting en die volledige program.
Behalwe vir ons borge en gemeenskap is daar ‘n ongelooflik dinamiese komitee wat kliphard saam met my werk -:
André du Plessis – VISE-PRESIDENT
Deirdré Joubert – SKOUSEKRETARESSE en my regterhand
Gert Koch – PRESIDENT SAALPERD-STREEKSKOU
Johnny Hipkin – PRESIDENT VEE-AFDELING
Eubus Pretorius
Madalea Scharneck
Ivett van Rooyen
Elizna Griesel
Andrea Hipkin
J T Eksteen
Lindie Biermann
Juanelize Wendelstadt
Elize Smith
Ivan van Wyk
Kom draai by ons en bring al julle vriende saam!
Ons kan nie wag om julle by die Skou te sien nie…
Skougroete
René Pretorius