Martin Bester se “Vir die liefde” Toer bring hom na Trichardt

Optredes is gratis, maar diegene wat dit bywoon moet soveel komberse as moontlik bring ten bate van diegene wat hierdie winter in desperate nood verkeer.

TRICHARDT – Bekroonde Jacaranda FM ontbytprogramaanbieder en sanger, Martin Bester, en sy orkes tree Vrydag, 17 Augustus by Crawdaddy’s op Trichardt op as deel van sy Vir die liefde-toer.

Kort op die hakke van die vrystelling van sy debuut Afrikaanse album, Vir die eerste keer, wat treffers soos Ek het geweet, Sterre, Wat weet ek tog en Hier om te bly insluit, het Martin onlangs besluit om luisteraars te nooi om in te bel en te sê waar hulle graag sou wou hê hy moet optree, en ook wat hulle graag sou wou hê die naam van die toer moes wees.

Optredes is gratis, maar diegene wat dit bywoon moet soveel komberse as moontlik bring ten bate van diegene wat hierdie winter in desperate nood verkeer.

“Ons is super opgewonde oor hierdie toer en, indien die gees van die uitnodigings en die eerste twee vertonings in Centurion en Louis Trichardt enige aanduiding is, gaan dit ‘n epiese ervaring wees!”, sê Martin.

“Ons sien uit daarna om lekker plekke en gasvrye mense te besoek en nie alleen bymekaar te kom om ‘n groot partytjie te gooi nie, maar ook om soveel komberse as moontlik vir behoeftiges in te samel. Sien julle daar!”

Vir meer inligting oor Martin Bester se Vir die liefde toer, besoek gerus www.jacarandfm.com.

Exit mobile version