Dis tyd vir die 2018 Secunda Landbouskou

Perdekompetisies, stalletjies en kunstenaars is te sien by vanjaar se Secunda Landbouskou

SECUNDA – Die Secunda Landbouskou vind vanaf 26 tot 28 April plaas.

Dit word weer eens op die Genade Vlakspruit Stoet by C and F Rigging aangebied kort ná jy links afgedraai het by die T-aansluiting van die Sasol-mynpad waar dit by die pad tussen Trichardt en Charl Cilliers aansluit.

Plaaslike kunstenaars, Henco du Toit en Sherene van Wyngaardt, sal by die skou, wat veral op die perdeskou gaan fokus, optree.

Armand die Singende Cowboy en sy dansende perd gaan Vrydag om 11vm en weer om 4nm optree.

Lees ook: Secunda Landbou Skou 2017

’n Verskeidenheid stalletjies kan besoek word en daar gaan springkastele wees waarop die kinders kan baljaar.

Besoekers kan veral die perdeskou in verskillende klasse, soos die Friesperdklasse, verwag. Daar sal ook handkompetisies die Donderdag plaasvind en die ry- en karretjieklasse word Vrydag en Saterdag aangebied.

Vir meer inligting, skakel Ilse by 072 468 4109.

Armand die Singende Cowboy tree Vrydag by die Secunda Landbouskou op. (Foto verskaf)
Armand die Singende Cowboy tree Vrydag by die Landbouskou op. (Foto verskaf)
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version