Dis tyd vir die 2018 Secunda Landbouskou
Perdekompetisies, stalletjies en kunstenaars is te sien by vanjaar se Secunda Landbouskou
SECUNDA – Die Secunda Landbouskou vind vanaf 26 tot 28 April plaas.
Dit word weer eens op die Genade Vlakspruit Stoet by C and F Rigging aangebied kort ná jy links afgedraai het by die T-aansluiting van die Sasol-mynpad waar dit by die pad tussen Trichardt en Charl Cilliers aansluit.
Plaaslike kunstenaars, Henco du Toit en Sherene van Wyngaardt, sal by die skou, wat veral op die perdeskou gaan fokus, optree.
Armand die Singende Cowboy en sy dansende perd gaan Vrydag om 11vm en weer om 4nm optree.
Lees ook: Secunda Landbou Skou 2017
’n Verskeidenheid stalletjies kan besoek word en daar gaan springkastele wees waarop die kinders kan baljaar.
Besoekers kan veral die perdeskou in verskillende klasse, soos die Friesperdklasse, verwag. Daar sal ook handkompetisies die Donderdag plaasvind en die ry- en karretjieklasse word Vrydag en Saterdag aangebied.
Vir meer inligting, skakel Ilse by 072 468 4109.