Hein Vermaak (9) verloor sy stryd teen neuroblastoomkanker

Ouers het nie woorde nie, net ongelooflike seer.

HOëVELD – Hein Vermaak, die negejarige seuntjie wat aan neuroblastoomkanker gely het, het Vrydag, 2 Maart sy laaste asem uitgeblaas.

Hy was net ‘n geraamte in die laaste paar maande van sy lewe en sy ouers het onlangs na die kus verhuis om meer tyd saam met Hein te bestee.

Hein Vermaak was die laaste paar maande van sy lewe net ‘n geraamte weens die kanker.

“Hy was gelukkig by die see,” het sy ouers op sy Facebookblad, “Hein’s Journey”, gesê.

Hein is in November 2016 met neuroblastoomkanker gediagnoseer en het chemoterapie en bestraling gekry, maar dokters het dit later gestaak omdat dit reeds te laat was om ‘n verskil te maak.

Sy ouers het na sy dood op sy Facebookblad gesê daar is geen woorde nie, net ongelooflike seer.

Sy roudiens sal in Pennington of Schottburgh plaasvind, maar die reëlings was nog nie teen druktyd bekend nie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version