EntertainmentLifestyle

NG Kerk Wes-gemeente in Standerton hou basaar

Vleis kan ook vooraf bestel word, skakel Basie by 072 839 6165.

Die N.G. Kerk se Wes-gemeente bied op 28 Oktober van omstreeks 8vm tot 1nm ‘n basaar aan.

Basaargangers kan hulle gereed maak om in die teetuin iets verfrissend te geniet en die onderskeie stalletjies te besoek en ondersteun.

Vir die jongklomp sal daar ook vermaak wees om na uit te sien.

Die groot verskeidenheid stalletjies sluit in pannekoek, koeldrank, poeding, kerrie en rys, worsbroodjies, pap, sous en wors/sosaties, aartappelkrulle, groot koeke, klein koekies, biltong, spookasem en springmielies om aan te smul.

Vleis kan ook vooraf bestel word, skakel Basie by 072 839 6165.

Daar sal ook boeke, ‘n snuffelboetiek (goeie tweedehandse klere), wit olifanttafel en ‘n plantnes wees. Twee slagskape en vier slaglammers sal omstreeks 11vm lewendig opgeveil word en met Kersfees om die draai wil jy seker maak jou bod is in!

‘n ‘Car Boot Sale’ is ook aan die orde van die dag en belangstellendes wat items het wat hul wil verkoop, kan die kerkkantoor skakel om te bespreek.

Koste beloop R100 per ‘boot’.

Die koste verbonde aan privaatuitstallers beloop R100 per stalletjie. Skakel die kerkkantoor by 017 712 3034 vir enige navrae.

Related Articles

Back to top button