Ek het altyd gedink Bingo speel is vir ouer mense

Ek het altyd gedink Bingo speel is vir ouer mense.

Ek het altyd gedink Bingo speel is vir ouer mense.

So, uit die aard van my werk, en ook omdat ek genooi was om die hele aand daar deur te bring, beland ek toe Vrydagaand langs ‘n Bingo-tafel.

Nie die elektroniese soort wat om dobbelplekke se aanlyntafels gespeel word nie – sommer net gewone Bingo waar jy ‘n boekie koop, die nommers uitgeroep word en as jy in die kol is, skree jy “Bingo!” en wen ‘n prys.

Eerstens was ek verbaas om te sien hoeveel mense jonger as ek opgedaag het vir die aand se pret en dit het my sommer dadelik meer tuis laat voel.

Gou het ek agter die kap van die byl gekom en heerlik saamgespeel.

Ek het my ook verlustig in die konsentrasie op die gesigte van die mense rondom my en die blydskap wanneer iemand al die nommers gehad het en die entoesiasme waarmee daar hard en duidelik “Bingo!” geskree word.

Groot was my vreugde toe ek ook darem een keer ietsie wen.

Ek het sommer daar en dan besluit dat ek meer sulke pretaande gaan bywoon.

Ek het ook weer besef dat mens maklik ‘n persepsie ontwikkel – soos byvoorbeeld die uwe wat sommer besluit het

Bingo is vir ouer mense en daarom nooit in die verlede gaan speel het nie.

Ek het net daar en dan besluit om sommer in die toekoms te waak teen persepsies en eers vir myself seker te maak voor ek ‘n besluit neem.

Behalwe dat die Bingo-spelery groot pret was en ek sommer ‘n paar nuwe vriende gemaak het, word die geld wat ingesamel is vir ‘n goeie doel aangewend.

So slaan almal wat deelneem dus twee vlieë met een klap.

Jy sal my vir seker in die toekoms weer by die Bingo-tafel aantref.

Kom speel saam en onthou jy is nooit te jonk of te oud om pret te hê nie.

Exit mobile version