Mens en dier geniet sonskyn by Secunda Eendedam Wintermark

Kinders wat belangstel in die September Kindermark, kan die Eendedam Wintermark Facebookblad dophou vir meer inligting.

SECUNDA – Die Eendedam Wintermark wat deur die Secunda Steamers aangebied is, was weer ’n reuse sukses met kosstalletjies, keurige handartikels en hope opwindende vermaak vir die hele gesin.

Little Paws Big Hearts het ’n hondepretloop gehou en diereliefhebbers kon ook die dag met hul viervoetige vriende deurbring.

Alla Modelling and Beauty Company het ’n winterskoonheidskompetisie aangebied en deelnemers van alle ouderdomme het hul bes probeer om die beoordelaars te beïndruk.

Fabian Francis het die hondepretloop saam met sy hond, Liqourice, geniet.

Daar was ponie- en stoomtreinritte en meer as genoeg plek vir gesinne om piekniek te hou en die kinders het die sonskyn geniet.

Ikusasa se span was ook aan diens om die parkering te reguleer en daar was meer as genoeg parkering langs die Eendedam in die groenstrook.

Volgens me. Chantel Vorster, organiseerder van die Eendedam-markte, word dié dae een keer per kwartaal aangebeid en probeer sy altyd om iets nuut en opwindend te reël.

“Ons volgende mark is in September en ek het besluit dat dié mark ’n kindermark gaan wees met jong entrepreneurs tussen die ouderdom van ses en 12 wat kan kom uitstal.”

Die Secunda Steamers het stoomtreinritte met hul stoomlokomotief, Lady Francene, aangebied.

Op dié manier glo sy dat jong kinders die geleentheid kan kry om hul eie stalletjies te beman en sodoende waardevolle besigheidslesse te leer.

Kinders wat belangstel in die September Kindermark, kan die Eendedam Wintermark Facebookblad dophou vir meer inligting.

Stalletjies is 3m x 3m groot, kos R150 en besprekings maak gewoonlik so ses weke voor die markdag oop.

Vir meer inligting oor die res van die jaar se markte, stuur ’n epos aan me. Vorster by windpompmeisie@gmail.com.

Me. Vorster voel sterk daaroor om die gemeenskap te ondersteun en enige nie-winsgewende organisasie wat wil uitstal, kan haar skakel vir ’n bespreking.

“Ek het besluit om dié organisasies te ondersteun en hulle kan gratis uitstal.”

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version