EntertainmentLifestyle

Secunda Rolbalklub bied boeredans aan

Die Ventertjies, twee jong sussies wat boeremusiek op kitaar speel, gaan vir die vermaak sorg en daar gaan genoeg plek wees om te dans.

Secunda Rolbalklub bied Saterdag, 19 Augustus ’n boeredans aan as deel van hul geldinsamelingsprojek vir die opgradering van hul rolbalbane.

Die Ventertjies, twee jong sussies wat boeremusiek op kitaar speel, gaan vir die vermaak sorg en daar gaan genoeg plek wees om te dans.

Kaartjies kos R120 per paartjie en jy word genooi om jou eie piekniekmandjie saam te neem.

Daar sal ’n kontantkroeg wees, want jy mag nie jou eie drank saamneem nie.

Die dans begin om 7nm.

Skakel mnr. Jan Labuschagne by 082 873 4316 vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button