Johan wen skou met slaglam

Mnr. Johan Roarty wen weer slaglamkompetisie.

KINROSS – Mnr. Johan Roarty het in 2002 met Ile de France-skape begin skou en boer reeds vir meer as 50 jaar.

Hy speel ook rolbal in sy vrye tyd.

Mnr. Roarty het vanjaar weer in die slagskaapafdeling van die Royal Agriculture Society of Natal se Royal Skou in Pietermaritzburg ingeskryf.

Hy het weer die Europese genetika-karkasafdeling, wat hy in 2013 gewen het, gewen.

Die skape se karkasse word beoordeel en daarna opgeveil.

“Vanjaar het die karkas wat ek ingeskryf het, 29kg geweeg. Karkasse mag nie meer as 29kg weeg nie.

“Die bod is op R400 per kilogram toegestaan tydens die veiling,” het mnr. Roarty vertel.

Hy het met ’n beoordelaarskursus begin wat hy vanjaar wil voltooi.

Die Suid-Afrikaanse Kampioenskap vind volgende jaar plaas en hy wil graag by dié kampioenskap beoordeel.

Deelnemers wat inskryf, mag nie ook beoordelaars wees nie, maar omdat die slaglam in ’n ander afdeling is, mag mnr. Roarty deelneem asook beoordeel.

Mnr. Roarty wil probeer om dié kampioenskap te wen.

Die beoordeling behels hoofsaaklik om na die gehalte van die vleis te kyk.

Vet moet tussen die vleis wees en die hele karkas bedek, maar daar mag nie te veel vet wees nie.

Hy voer ook sy skape in ’n voerkraal en hou hulle fyn dop.

“Ek het met dié skape en karkasse begin skou uit liefde vir die Ile de France-skaap,” het hy gesê.

“My vrou en seun ondersteun my en almal speel ’n rol daarin om ’n sukses van die boerdery te maak,” het hy gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button