EntertainmentLifestyle

André de Villiers sing by Lighthouse Kerk

Op 15-jarige ouderdom het André meer geld as sy ma verdien.

SECUNDA – André de Villiers het Saterdag, 14 Mei by die Lighthouse Kerk opgetree en die koue het nie aanhangers weggehou nie.

Past. Derick Browne het almal verwelkom en De Villiers het staaltjies oor sy lewe gedeel.

Hy het as 14-jarige in die musiekbedryf betrokke geraak en het op 15 reeds meer geld as sy ma met sy musiek verdien.

Hy was die hoofsanger van ’n Suid-Afrikaanse rockgroep in die 1970s.

’n Jong dromspeler het by sy groep aangesluit.

Hy was ’n Christen en het De Villiers gehelp om tot bekering te kom.

De Villiers het vir die volgende 18 jaar geen optredes gedoen nie.

Hy het sendingwerk onder mense in tronke en by rehalilitasiesentrums gedoen.

Van sy bekendste werke is liedjies wat gebruik word in die Volkswagen- en Nedbank-advertensies wat aan sy seun opgedra het.

Al sy liedjies is gebaseer op mense na aan hom of oor sy persoonlike verhouding met God.

De Villiers hou homself besig met wêreldwye sendingwerk, uitreike en optredes.

Related Articles

Back to top button