Venessa lei gilde

Die SAKVG het iets vir almal om te doen en te leer.

SECUNDA – Die Secunda Kosmos Suid-Afrikaanse Koekversieringsgilde (SAKVG) bestaan al vir 30 jaar.

Tydens hulle jaarafsluiting by Genade Plaas, is die nuwe bestuurslede gekies.

Me. Venessa Erasmus is as voorsitter gekies en me. Trudie Wittaker as ondervoorsitter.

Die sekretaris is me. Erith Hall, die tesourier me. Lynette Bosch en die teedame is me. Magda Steyn.

Die groep 13 kunstige mense kom elke tweede Woensdag van ’n maand by Davieshof bymekaar.

Tydens die vergaderings demonstreer lede of gaste hulle kunstige idees of word daar ’n kunswerkswinkel aangebied.

Die SAKVG het iets vir almal om te doen en te leer.

Vir meer inligting, skakel me. Erasmus by 082 466 5757.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM –  590c76a8

WhatsApp – 0793644185

Exit mobile version