FeaturesHolidayLifestyle

Lekker padkos resepte

Pak 'n lekker kosblik vir die lang pad die vakansie.

Groentepoffers

Genoeg vir 4

1 x 400g blik botter bone,gedreineer

1 fyngekapte ui

1 knoffelhuisie, fyngedruk

2ml elk fyn komyn en koljander

15ml vars koljander

10ml suurlemoensap

1 groot wortel, geskil en fyn gerasper

50ml bevrore mieliepitte, ontdooi

80ml meel

2ml bakpoeier

Sonneblomolie

Gooi die bone in ‘n voedselverwerker saam met die ui, knoffel, speserye, koljander, suurlemoensap en sout en peper na smaak.  Pols dit saam en roer dan mieliepitte, meel en bakpoeier by.

Rol die mengsel in bolletjies en sit dit vir 20 minute in die yskas.  Verhit ‘n laag olie in ‘n pan en braai die bolletjies tot bros en goudbruin.  Dreineer op kombuispapier.

 

Padkos - Groentepoffers

 

Vegetariese eierfrikkadelle

Genoeg vir 4

6 groot eiers

25ml olyfolie

1 ui, fyngekap

1 knoffelhuisie, fyn gedruk

5ml fyngemaakte droë rissies (opsioneel)

3-4 murgpampoentjies, grof gerasper

1 blik (400g) keker ertjies, afgespoel

5ml garam masala

100g koekmeel

150g vars witbrood krummels

Sonneblomolie vir diepbraai

Verhit die water tot kookpunt en laat die eiers vir 8 minute prut.  Skep dit in koue water, dop dit af sodra dit afgekoel het, en druk dit droog.

Verhit ‘n bietjie olie in ‘n pan en soteer die ui vir ‘n minuut.  Voeg die knoffel, rissie en murgpampoentjie by en roerbraai dit vir ‘n paar minute.  Verpulp saam met die keker – ertjies en garam masala in ‘n voedselverwerker.  Geur.

Vou van die mengsel rondom elke eier.

Klits die orige eiers.  Doop die toegedraaide eiers in meel, dan in die geklitste eier en laastens in die krummels.  Sit vir 10-15 minute is die yskas.  Braai goudbruin in matig warm olie.

Padkos - Eier frikkadelle

 

Jaffels met spek en soetrissie

Genoeg vir 4

Botter

1 pak spekstukkies

1 klein ui, fyngekap

1 groen en 1 rooi soetrissie, pitte verwyder en in blokkies gesny

5ml droë Italiaanse kruie

8-12 snye wit-of bruinbrood

500ml gerasperde Cheddar

Verhit ‘n bietjie botter in ‘n pan en braai die spek tot gaar.  Voeg die ui, soetrissie en kruie by en roerbraai verder tot die soetrissie net-net sag is.  Geur en haal van die plaat af.

Smeer die snye brood aan die een kant.  Verdeel die vulsel tussen die helfte van die snye brood en smeer dit op die kant wat nie gebotter is nie.  Bedek die vulsel met gerasperde kaas en pak dan die orige snye brood bo-op.

Maak die toebroodjies in ‘n jaffelmaker gaar, of braai dit in ‘n pan tot albei kante bros en goudbruin is.

Padkos - Jaffels

Related Articles

Back to top button