Fotograwe vergader

Fotoklub op Secunda hou laaste vergadering vir die jaar.

SECUNDA – Lede van die Hoëveldse Fotografieklub het Vrydag, 14 November hul laaste vergadering vir die jaar gehou en die seniorwenner van die maandelikse kompetisie is mnr. Pierre Jordaan met sy foto Rooiborsbyvreter in Vlug.

Die juniorwenner is mnr. John Mullineux met sy foto Moorhen Territory Dispute.

Hulle het sertifikate van meriete vir dié foto’s ontvang.

Me. Marelize Coetzer is die wenner in die voorgeskrewe onderwerp afdeling, naamlik baba’s, vir November.

Haar foto, Stefanie, het haar ook ’n sertifikaat van meriete besorg.

Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete gekry het, is me. Coetzer met haar foto Slang in die natuurafdeling, mnr. Mullineux met sy foto Three Stooges, ook in die natuuurafdeling en mnr. Johan Coetzee met sy foto Lexi in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Vir meer inligting, skakel mnr. James Harris by 082 903 1926.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version