Errie wen met kunstalent

Anneke Stoop, ’n gr. 10-leerder van die EHS, het haarself bewys as ’n kunstenaar van formaat.

Anneke Stoop, ’n gr. 10-leerder van die EHS, het haarself bewys as ’n kunstenaar van formaat.

Sy het ’n plek in die Top 10 in die provinsie in haar kategorie verower in die Mpumalanga Visuele Kunste en Ontwerpkompetisie vir gr. 10 tot 12-leerders wat deur die Departement van Onderwys in die tweede kwartaal bekendgestel is.

Anneke het ’n sertifikaat van die Departement van Onderwys, Visuele Kunste, Mpumalanga by ’n formele prysuitdeling by die Mbombela Gallery op 20 Augustus ontvang.

Die hoofdoel van die kompetisie en uitstalling is om kunswerke te vervaardig volgens ’n tema soos deur die departement voorgeskryf.

Die tema vanjaar was “What makes me, me”.

Leerders moes ’n kunswerk vervaardig waar hulle die tema uitbeeld en hulle kunsvaardigheid kon weergee.

Exit mobile version