Sonstraaltjies besoek Standerton Ouetehuis

Die Sonstraaltjies, bestaande uit me. Daleen Lohmann, me. Hannetjie Jansen en me. Mollie Joubert het oudergewoonte hulle maandelikse besoek by die Standertonse Ouetehuis op 9 Mei afgelê. Mnr. Henk Timmerman van die A.G.S. Kerk het, met die oog op die afgelope verkiesing, ‘n boodskap uit Rom.13:1 gebring. “Laat elke mens hom onderwerp aan die magte …

Die Sonstraaltjies, bestaande uit me. Daleen Lohmann, me. Hannetjie Jansen en me. Mollie Joubert het oudergewoonte hulle maandelikse besoek by die Standertonse Ouetehuis op 9 Mei afgelê.

Mnr. Henk Timmerman van die A.G.S. Kerk het, met die oog op die afgelope verkiesing, ‘n boodskap uit Rom.13:1 gebring.

“Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel.”

Na afloop van die verrigtinge, is verversing geniet.

Die vroue benodig dringend borge om die uitreikaksie vol te hou.

Skakel me. Jansen by 079 399 9502 of me. Joubert by 076 683 7242 om betrokke by die omstandighede van bejaardes te word.

Related Articles

Back to top button