Net gate waar jy kyk

Die kombinasie van verskeie vragmotors wat die pad gebruik en swak onderhoude paaie is volgens inwoners die hoof oorsake.

Dit is daardie tyd van die jaar waar slaggate weer dwarsdeur die dorp verskyn.

Die kombinasie van verskeie vragmotors wat die pad gebruik en swak onderhoud is volgens inwoners die hoofoorsake.

Die gemeenskap pleit by die Lekwa Munisipaliteit om dié probleem aan te spreek, maar glo die munisipaliteit se padbefondsing en begrotings sluit nie tans instandhouding van paaie reg deur die dorp in nie.

“Skade aan ons voertuie se onderstelle word nie deur ons munisipaliteit gedek nie,” het ‘n inwoner gesê.

“Ons dra die verantwoordelikheid, hoewel hul hul verantwoordelikheid nalaat.”

“Slaggate raak al dieper en sonder behoorlike instandhouding, is skade aan voertuie onvermydelik.”

“Waarom moet die munisipaliteit eers wag dat die paaie uitmekaar val

voordat hul met instandhouding begin?”

Munisipale kontrateurs is egter gesien waar hulle slaggate in Walter Sisulustraat herstel.

Mnr. Sipho Mkwanazi, woordvoerder van die munisipaliteit, kon nie teen druktyd reageer nie.

Related Articles

Back to top button