Boumateriaal belemmer visie

Aankomende verkeer word eers gesien nadat hul verby die boumateriaal verby ry.

Bakstene wat op die hoek van Joubert- en Charl Cillierstraat voor ‘n oop veld opgestapel is, hou ‘n gevaar vir motoriste in.

Sodra jy vanaf Joubertstraat vanaf die Dr Beyers Naudé rigting in Charl Cillierstraat inry, word jou visie deur dié boumateriaal belemmer.

Daar is nie vir die motoriste wat in Charl Cilliersstraat ry ‘n stopstraat nie.

Aankomende verkeer word eers gesien nadat hul verby die boumateriaal verby ry.

Afgesien van die boumateriaal lyk dit nie of die gras van die veld gereeld gesny word nie.

“Die persoon wat verantwoordelik is vir die stene, moet dit verwyder voordat ‘n ongeluk plaasvind,” het ‘n inwoner gesê.

“Is dit nie die munisipaliteit wat vir instandhouding en die toepassing van die nodige munisipale verordeninge verantwoordelik is nie?”

Mnr. Sipho Mkwanazi, woordvoerder van die Lekwa Munisipaliteit, is oor die munisipale regulasie aangaande boumateriaal en rommel gevra, maar hy kon nie teen druktyd reageer nie.

Exit mobile version