Begraafplaas is toegegroei

Papiere, bierblikke, kondoomomhulsels en ander rommel lê oral in die begraafplaas.

Die Standerton Begraafplaas is steeds in ‘n haglike toestand en met soveel diensleweringsuitdagings wil dit voorkom of die instandhouding daarvan sal moet wag.

Die heining rondom die begraafplaas benodig ook instandhouding omdat naburige boere se vee vrylik in die gebied rondloop.

Papiere, bierblikke, kondoomomhulsels en ander rommel lê oral in die begraafplaas.

Sommige inwoners gebruik die roete deur die begraafplaas as ‘n deurgang na die dorp.

Inwoners het al die voorstel gemaak dat die munisipaliteit ‘n permanente veiligheidswag aanstel om die ingange dop te hou.

Die gras rondom die begraafplaas is onlangs gebrand, maar gras groei steeds die meeste grafte toe.

Mnr. Sipho Mkwanazi, woordvoerder van die Lekwa Munisipaliteit, is om kommentaar gevra, maar kon nie teen druktyd reageer nie.

Related Articles

Back to top button