Ondersteun bloedbank

Die konstante behoefte aan bloed plaas die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) onder groot druk gedurende dié tydperk.

Paastyd het ’n verwagte impak op die Suid-Afrikaanse nasionale Bloeddiens (SANBS) se bloedvoorrraadvlakke gehaad.

Die bloedvoorraad word ’n groot bekommernis oor die vakansietye omdat baie gereelde skenkers op verlof is.

Die konstante behoefte aan bloed plaas die SANBS onder groot druk gedurende dié tydperk.

April is tradisioneel ’n moeilike tyd vanweë die hoeveelheid vakansiedae.

Daar is nie genoeg bloedskenkklinieke en inisiatiewe om die gapings te vul wat deur die gebrek aan klinieke by opvoedkundige instellings gelaat word nie.

Die SANBS moet ten alle tye ’n voorraad van vyf dae handhaaf deur 3 000 eenhede bloed ’n dag in te samel.

Dié word ’n moeilike doelwit om te bereik.

“Bloedskenk moet ’n prioriteit word, omdat dié geringe daad ’n reuse impak het op pasiënte wat op bloedoortappings vir hul oorlewing staatmaak,” het me. Vanessa Raju, kommunikasiebestuurder by die SANBS, gesê.

Om bloed te skenk is ’n eenvoudige daad van goedhartigheid wat tot drie lewens kan red.

Mense tussen die ouderdom van 16 en 65, wat meer as 50kg weeg, goeie gesondheid geniet en ’n veilige seksuele leefstyl lei, kan elke 56 dae bloed skenk.

Die publiek word aangemoedig om bloed te skenk en die lewens van duisende pasiënte te help red.

Om jou naaste bloedskenksentrum te vind, besoek www.sanbs.org.za

“Moenie dat die vakansies in die pad van lewe staan nie.”

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button