Verruil jou plakkies vir tekkies

Tekkie tax-dag gaan vir ’n goeie doel.

BETHAL – Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie het die afgelope jaar aan 722 mense in die gemeenskap maatskaplike dienste gelewer.

Hulle het gehelp met kindermishandeling, weeskinders, dwelm- en alkholmisbruik, onbeheerbare tieners, kinders wat honger ly, ontoereikende ouerskapvaardighede en ouerskapplanne vir ouers wat gaan skei.

15 nasionale welsynsorganisasies het hande geneem om een groot nasionale geldinsamelingsveldtog, Tekkie Tax-dag, te stig.

Die eerste veldtog was in November 2013 en R2.4 miljoen is ingesamel en alle opbrengste van die veldtog is tussen die organisasies wat deelgeneem het, gedeel.

Tekkie Tax-dag word vanjaar op Vrydag, 30 Mei gehou.

’n Tekkie Tax-plakker kos R10.

Daar is vyf verskillende plakkers vir ’n spesifieke organisasie, soos diere, gesinsorg, kinders, gestremdheid en opvoeding.

Die gemeenskap kan hul ondersteuning toon deur op 30 Mei hul plakkers en tekkies te dra.

Daar is ook spesiale skoenveters, Tekkie Tags, beskikbaar teen R30 per paar.

Vir meer inligting, skakel Leza Eksteen of Frances Claasen by 017 647 3345.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button