Editor's note

Hou op kla!

Ons is geneig om te dink ons probleme is te groot en die wêreld skuld ons iets.

Die lewe is net te kort om oor elke ou dingetjie te kla en jouself daardeur ongelukkig te maak.

Kyk op, as jy na jou voete kyk terwyl jy loop, gaan jy sekerlik in iets vasloop.

Gelukkig, wanneer jy dan jou kop gestamp het en daar ‘n knop vorm, is daar weer iets om oor te kerm.

Ons is geneig om te dink ons probleme is te groot en die wêreld skuld ons iets.

As jy dalk skuldig is, oorweeg die volgende:

Miljoene mense leef in armoede, duisende mense is werkloos, honderde mense soek vanaand net slaapplek.

Die wêreld is nie ‘n mooi plek nie, maar as jy gaan toelaat dat dit jou begin beïnvloed, het die duiwel gewen.

Hou op neul oor die verlede, kyk nét vorentoe, hou op kla oor die berge wat voor jou lê.

As jy nie oor die berg kan klim nie, loop om hom!

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button