SHS kry interaktiewe borde

Leerlinge word in wiskunde en wetenskap deur tegnologie gehelp.

Interaktiewe radio-uitsending vanaf Hoërskool Standerton (SHS) na ander skole met direkte uitsending het onlangs begin.

Leerlinge van Khula-Sakhile Secondary School, Azalea Combined School en Stanwest Combined School sal by die ‘E-learning’-projek baat vind.

Dié projek is in die eerste fase, waar gr. 12 leerlinge se wetenskap en wiskunde onderskeidelik deur me. Lettie Fisher en me. Erika Viviers aangebied word.

Die lesse, oor onderwerpe wat reeds met die leerlinge by die betrokke skool behandel is, word dan hersien.

Vanuit ‘n klas uit SHS praat die onderwyser met twee ekstra klasse.

Daar is monitors in albei klasse met kameras, mikrofone, luidsprekers, projektors en in die SHS-klas ‘n interaktiewe witbord, wat die boodskap oordra.

Ander skole gaan ook betrek word, waarvan vyf skole geïdentifiseer is.

Anglo Thermal Coal New Denmark is die hoofborg vir dié vooruitgang om leerlinge akademies te bevorder en het ook al die toerusting vir die uitsendings geborg.

Mnr. Alex van Rooyen is die koördineerder van die program en as ondernemings betrokke wil raak, kan hulle hom skakel by 017 712 2333.

Exit mobile version