Johan Liebenberg tree by Bronkies se rolbalklub op

Kaartjies beloop R110 per persoon wat ’n ete en nagereg insluit.

Johan Liebenberg tree op 23 Februarie by Bronkhorstspruit se rolbalklub op.

Die aand begin om 18:30 vir 19:00.

Kaartjies beloop R110 per persoon wat ’n ete en nagereg insluit.

Liebenberg is ’n gebore Namibiër wat in 1996 sy drome gevolg het om Kaapstad toe te trek om ’n professionele musikant te word.

Hy het eers in die pubs opgetree en het in 2004 die Barnyard-teaters betree.

Hy het vir 10 jaar daar optredes gedoen.

Liebenberg het in 2009 met die produksie, Diamonds and Pearls die verhoog getref en begin naam maak as Suid-Afrika se eie Neil Diamond.

In 2013 het hy sy eie Neil Diamond-produksie aanmekaar gesit, en plekke regoor die land uitverkoop.

Sy weergawe van treffers soos “I am I said”, “Sweet Caroline”, “Play me” en nog vele meer, het mense bekoor op elke optrede.

Liebenberg het ook vele ander produksies aanmekaar gesit en sy nuutste country-produksie het ook die naweek in die bekende Heroes-teater van Bok Radio in Kaapstad, die lig gesien.

Hy tree op by plekke soos Die Blou Hond in Pretoria, die Atterbury Teater, Die Boer in Kaapstad, Barnyard-teaters landwyd en nog vele meer.

Sy Afrikaanse liedjies “Die Gebed” en “Ek wil jou by my hê” is ook op digitale platvorms beskikbaar.

Liebenberg sing met baie passie en sy weergawes van kunstenaars soos Kris Kristofferson, Don Williams, Garth Brooks, Willie Nelson, Bruce Springsteen is net van die kunstenaars wat jy kan uitsien om te hoor.

Vir meer inligting en om kaartjies te bespreek, kontak Norene Liebenberg by 071 846 9936.

Exit mobile version