SA Olimpiese swemmer woon nou buite Cullinan

Penny Heyns, Suid-Afrika se Opimpiese swemsensasie, woon nou in die omgewing van Cullinan. Sy is enigste vrou wat soveel as 14 wêreldrekords in borsslag gehou het en ook die enigste swemmer, man of vrou, wat al drie moontlike borsslag-wêreldrekords in die 50m, 100m, en 200m lang baan gehou het.Die 46-jarige Heyns is in die Oos-Transvaalse

Penny Heyns, Suid-Afrika se Opimpiese swemsensasie, woon nou in die omgewing van Cullinan.

Sy is enigste vrou wat soveel as 14 wêreldrekords in borsslag gehou het en ook die enigste swemmer, man of vrou, wat al drie moontlike borsslag-wêreldrekords in die 50m, 100m, en 200m langbaan gehou het.

Die 46-jarige Heyns is in die Oos-Transvaalse dorp Springs gebore.

Haar gesin het destyds na Amanzimtoti aan die Natalse suidkus verhuis, waar sy haar skoolopleiding by Doon Heights Primêr begin het en toe later aan Hoërskool Amanzimtoti Hoërskool skool gegaan het.

In 1987 het sy die swemspankaptein op skool geword en op die ouderdom 12 het sy by ’n swemklub aangesluit.

As ’n laatkommer tot die sport, het Heyns niks van Olimpiese kompetisie geweet nie omdat Suid-Afrika vir 32 jaar uit die Spele verban was.

Gedurende die drie dekades van 1961 – 1991, toe Suid-Afrikaanse swemmers van internasionale kompetisie uitgesluit is, kon die sport nie die vlakke handhaaf wat deur Karen Muir en Ann Fairlie gestel is nie, met die uitsonderings dat Jonty Skinner en Peter Williams wêreldrekords opgestel het.

Met die verbod wat in 1992 opgehef is, het Heyns as die jongste lid van die span gekwalifiseer.

Op die ouderdom van 17, was sy die jongste lid van die Suid-Afrikaanse Olimpiese span na Barcelona, Spanje waar sy 33ste en 34ste in die 100m- en 200m-borsslagitems onderskeidelik geëindig het.

Sy het geen medaljes gewen nie, maar het genoeg indruk gemaak dat sy ’n swembeurs in Amerika by die University of Lincoln, Nebraska, aangebied is.

Sy het ’n NCAA-kampioenskapstitel in die 100-borsslag gewen terwyl sy vir Nebraska meegeding het.

Vier jaar later op die 6 Maart 1996 was dit ’n ander storie.

Dié jong swemmer het op die kollig gesteel met ’n wêreldrekord in die uitdunne van 100 m-borsslag by die proewe vir die Suid-Afrikaanse Olimpiese span by Kings Park in Durban.

Dit was ’n aangename verrassing vir die meeste van die toeskouers, maar sy het reeds vroeër daardie jaar in die middel van Februarie ’n nuwe Amerikaanse Ope- en NCAA-rekord in die 200 jaart-borsslag (2:08.90) opgestel.

Sy was ook ’n lid van die Suid-Afrikaanse span wat twee jaar vantevore aan die 1994 Statebondspele deelgeneem het.

Sy het daar sy ’n bronsmedalje in die 100 m-borsslagresies gewen het.

Heyns het selfs die tatoeëermerk van die Springbok op haar skouer gekry.

Sy het toe haar visier op Atlanta in 1996 gerig. In 1996 het sy Suid-Afrika by die Olimpiese Spele in Atlanta verteenwoordig.

Heyns het haar twee wêreldrekords in die 100m-borsslaguitdunne op die Atlanta Olimpiese Spele verbeter.

Sy het daarna beide die 100m- en 200m-borsslagitems gewen.

Dit het haar die enigste vrou in die geskiedenis van die Olimpiese Spele gemaak wat dit kon regkry.

Daar het sy die eerste Olimpiese goue medaljewenner vir Suid-Afrika geword in die post-apartheid-era sedert Joan Harrison die 100m-rugslag 44 jaar van tevore in Helsinki gewen het.

Tydens die 1998 Welwillendheidspele in New York het Heyns die 50m-borsslag-wêreldrekord verbeter.

Sy het voortgegaan om daardie wêreldrekord te klop.

In 1999 het Heyns 11 nuwe wêreldrekords in drie maande opgestel deur by byeenkomste op drie verskillende kontinente te swem.

Dit het haar die gelyktydige houer van vyf uit die moontlike ses borsslag-wêreldrekords gemaak,’n prestasie wat nog nooit tevore in die geskiedenis van swem behaal is nie.

Heyns is deur die tydskrif Swimming World aangewys as die Vroulike Wêreldswemmer van die Jaar in 1996 en 1999.

Sy is die enigste swemmer wat altesaam vier individuele wêreldrekords in een kompetisie verbeter het, en sy het dit twee keer in 1999 in Los Angeles en Sydney gedoen.

In Durban het sy twee kortbaan-wêreldrekords in een uur verbeter.

Sy was ook ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Olimpiese span by die 2000 Olimpiese Spele in Sydney, Australië.

Hier het sy aan haar derde Olimpiese Spele deelgeneem en die bronsmedalje in die 100m-borsslag verwerf.

Heyns het talle eerbewyse vir haar prestasies in swem ontvang en het in 2001 uit mededingende swem getree.

In 2003 is die Orde van Ikhamanga, ’n belangrike Suid-Afrikaanse toekenning, aan haar toegeken.

Sy is in 2006 in die Suid-Afrikaanse Sport- en Kuns-saal opgeneem.

In 2007 is sy in die International Swim Hall of Fame opgeneem.

Heyns het sedertdien motiveringspraatjies gehou om mense aan te moedig om nie op te gee op hul drome nie.

Sy het vanaf 2001 as ’n lid van die FINA-atletekommissie gedien en is tans die voorsitter en ook ’n lid van die Fina Buro – hoogste besluitnemingsraad op die Wêreldswembeheerliggaam FINA, sowel as ’n lid van die World Anti Doping Agency se Voldoeningshersieningskomitee.

Sy is ook ’n sakevrou, motiverings- en openbare spreker, en gastelevisie-aanbieder.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version