Streeknuus

Kleinfontein Orkes bring boeremusiek na gemeenskappe

Kleinfonteinorkes bestaan al ’n dekade lank en het slegs met twee lede begin. Mnr. Daan Kruger, stiger en leier van die orkes, het met ’n trekklavier en ’n droom jare gelede eendag ’n mens met dieselfde passie raak geloop. Daarna het die orkes gegroei. Die manne het mekaar met die verloop van gebeure net gevind

Kleinfonteinorkes bestaan al ’n dekade lank en het slegs met twee lede begin.

Mnr. Daan Kruger, stiger en leier van die orkes, het met ’n trekklavier en ’n droom jare gelede eendag ’n mens met dieselfde passie raakgeloop.

Daarna het die orkes gegroei.

Die manne het mekaar met die verloop van gebeure net gevind en tans bestaan die orkes uit ses spelers.

Die diverse groep speel onder andere boere- en Engelse konsertinas, kitare, piek, ritme en bas, banjo’s, viool, mandolien, mondfluitjie, pennie fluit, trekklaviere sowel as harmonieka.

Hoewel al die lede bykans in hul sestigs is, stuit ’n jeup- of knie-vervanging hulle nie.

Die musiek loop so deur hulle are dat die orkes selfs beoog om ’n CD vry te stel in die toekoms.

“Daar is prosedures wat gevolg moet word met CD’s maak, maar ons wil net een maak vir onsself om vir ons kleinkinders te wys en eendag wanneer die vingers krom trek en die hande nie meer wil vat nie, ten minste iets te kan hê om na terug te luister wat herinneringe laat voort leef,” het mnr. Kruger laat hoor.

Die lede is so flink dat hulle nie nou al op aftrede staan nie dus tree die groep nog op veral by aftreeoorde en ouetehuise.

“Die boeresmusiek trek deur die gange en bring heimwee terug aan die inwoners. Dit bring net plesier om nog musiek te kan maak en daardie aanvoeling te deel.”

Die Kleinfontein was selfs deel van die konsertina-wêreldrekordsaamtrekke twee jaar gelede en was vanjaar weer deel van die trekklavier se Guinness Book of Records.

“Ons skep nostalgie en tree soms saam met ander orkeste ook op. Die genot wat ’n musieksamekoms bied kan mens nie altyd verwoord nie. Dit is iets wat jy voel.”

Related Articles

Back to top button