Nicolaas draf vir Blou Bulle uit

Hy beoog om eendag internasionaal rygby te speel en werk nou al aan die langtermyn doelwit.

Nicolaas Potgieter, ’n gr.6-leerder van Laerskool Du Preez van Wyk het Saterdag, 28 Augustus vir die 0/12 Blou Bulle teen die Leeus uigedraf.

Hy het die Dupies trots verteenwoordig met ’n nommer nege trui waarrmee hy breë bors uitgedraf het.

Nicolaas het eers aan proewe deelgeneem om gekeur te word.

Sy streek se proewe het by Cornwall Hill Kollege plaasgevind.

Daaruit is drie spanne gekies wat by Pretoria se rugbyklub aan die Blou Bul-proewe deelgeneem het.

Die 0/12 A Blou Bul-jongspan en die 0/12B Blou Bul XV-tal is daar gekies.

Nicolaas het al op vierjarige ouderdom geweet rugby loop deur sy are.

Hy beskryf rugby nie net as ’n sport nie, maar meer as sy passie.

“My ouboet was my held op die baan. Ek vandat ek kon loop het ek hom met ’n dik stem langs die veld ondersteun.”

Nicolaas is jonk, maar sy drome is groot.

Hy beoog om eendag internasionaal rygby te speel en werk nou al aan die langtermyn doelwit.

Springbokspelers waarna hy opkyk is Mornè Steyn en Fourie du Preez.

“Rugby is vir my ’n uitdaging. Daar is baie gebeure wat mens op die veld moet raaksien en soveel reëls om te onthou.”

Nicolaas het genoem dat hy graag klubrugby sal wil speel om dit wat hy by die Blou Bulle geleer het in te oefen.
“Dit is ’n voorreg en geleentheid om met die trui uit te draf.”

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version