Streeknuus

SAVF bak pannekoek op Lentedag ten bate van Ons Eie Ouetehuis

Saam-saam is Lente ingewy met die reuk van pannekoek deeg en kaneelsuiker wat die lug gevul het.

Ons Eie Ouetehuis in Delmas is bekend in die gemeenskap vir hulle uitstekende diens en liefdevolle versorging van bejaardes in hul gouejare.

As deel van omgee vir Ons Eie en hul bejaarde inwoners, het lede van die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) besluit om Lentedag behoorlik te vier deur pannekoek te bak.

Verkope was ten bate van Ons Eie.

Lede van die SAVF en van die Delmas-gemeenskap het dus vroeg op 1 September ingespring en was daar behoorlik pannekoek gebak in die agterplaas van Ons Eie.

Saam-saam is lente ingewy met die reuk van pannekoek deeg en kaneelsuiker wat die lug gevul het.

“Ek wil net graag elkeen wat skenkings gemaak het, gebak het en ons SAVF-lede ondersteun het, opreg bedank,” het me. Sharon Rabie, bestuurder van Ons Eie Ouetehuis laat hoor.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button