Nadine’s op Sundra is ’n veilige hawe vir vroue wat teen verslawings stry

Volgens me. Pitzer was dit ’n lewensdroom van haar om ’n sentrum te open waar sy vir vroue soos sy, hulp kan aanbied - ’n veilige toevlugsentrum van hoop kon bied op die harde pad na herstel van die verslawing.

Die werklikheid vir ‘n  dwelmverslaafde vrou is dat daar min plekke is waarheen sy kan draai wanneer sy hulp en ‘n veilige hawe nodig het.

Vir die gerehabiliteerde dwelmslaaf, me. Elmari Pitzer, is dit ’n seer herinnering, ’n té bekende omgewing om jouself in te bevind.

“Ek was weens huislike omstandighede reeds van ’n baie vroeë ouderdom af verslaaf aan drank. Prostitusie was die enigste manier waarop ek vir my gesin kon sorg.

“Op ’n dag was dwelms aan my voorgestel en die gevoel wat dit vir my gegee het, was onbeskryflik. Ek was hoog en bekommernisse was nie meer daar nie. Die prostitusie het voortgegaan, want ek moes my gewoonte voed,” was haar woorde.

Me. Elmari Pitzer aan die woord. (Foto: Verskaf)

Me. Pitzer het ná ’n baie lang geskiedenis van verslawing uiteindelik hulp ontvang en is nou gerehabiliteer.

“Dit is egter vir enige verslaafde ’n daaglikse stryd om nie terug te val nie. Eenmaal ’n verslaafde, altyd ’n verslaafde.”

Volgens me. Pitzer was dit ’n lewensdroom van haar om ’n sentrum te open waar sy vir vroue soos sy, hulp kan aanbied – ’n veilige toevlugsentrum van hoop kon bied op die harde pad na herstel van die verslawing.

Dié droom het uiteindelik waar geword en ná baie harde werk, beplanning, skenkings vanuit die gemeenskap en veral gebed, het hierdie sentrum op Saterdag, 28 Augustus sy deure in die ou AGS-pastorie in Witbankweg, Sundra geopen.

Me. Lizanné Viviers deel haar lewensverhaal tydens die opening van Nadine’s.

Die eerste jong vrou was toe reeds onder die veilige dak van Nadine’s Hope and Recovery Centre.

Sprekers vanuit alle sfere van die samelewing het vroue op die dag toegespreek, vroue wat self die pad van dwelms, die pad van misbruik en die pad van swaarkry en ernstige siekte gestap het.

Daar was darem ook die ligter oomblikke en die vroue was op die dag met ’n heerlike beker sop, broodjie en koffie en tee bederf.

Sanmari Jansen, trots met haar geskenkpakkie wat ‘n gelukkige nommer tydens ‘n prystrekking aan haar besorg het.

Tydens ’n prystrekkingtrekking het die gelukkige nommer aan Sanmari Jansen behoort.

“Ek is ongelooflik dankbaar vir waar ek vandag met die sentrum is. Dankie aan al die borge, skenkings vanuit die gemeenskap, hulp en woorde van bemoediging,” het me. Pitzer gesê.

“Nadine’s is my droom en deel van my doel om iets agter te laat. Dit is ’n plek waar vroue vanuit die donker na
die lig gehelp kan word. Dit is’n behandelingsentrum waar vroue veilig kan voel terwyl hulle die pynlike pad van verslawing stap.”

Die vroue geniet ’n lekker koppie sop tydens die amptelike opening van Nadine’s. (Foto: Verskaf)

Vir enige inligting rakende die sentrum, kan me. Pitzer geskakel word by 079 039 4066 of stuur ’n e-pos aan pitzerelmari@gmail.com.

Borge wat spesiaal bedank word, is Redo a Sign, Wilcor, Pick n Pay Delmas, Anita Conradie asook Gossa Signs.

Elkeen wat gehelp het met die voorbereiding van sop, elke lid van die gemeenskap wat bygedra het tot die meubilering en ander skenkers ,word opreg bedank.

Sanmari Jansen, trots met haar geskenkpakkie wat ‘n gelukkige nommer tydens ‘n prystrekking aan haar besorg het.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version