Reney Raven van Standerton ontvang silwer medalje by Commonwealth Games

Reney is die eerste Suid Afrikaner wat aan Karate Suid Afrika behoort, wat in dié afdeling Protea-kleure verwerf het.

Reney Raven van die Skisa Three Swords Karate Dojo op Standerton is in die Proteaspan opgeneem.

Reney het Sondag 4 September na Burmingham in Engeland vertrek waar sy aan die Statebondspele deelgeneem het.

“Sy het trots laat weet dat sy Donderdag omstreeks 12:00 Suid-Afrikaanse tyd haar silwer medalje verower het,” het Jannie Degenaar, klubintrukteur, gesê.

Sy het ook Sondag, 11 September aan die Commonwealth Cup-kampioenskap deelgeneem.

Volgens Degenaar, was almal oortuig dat sy ook daar ’n podiumposisie sou verwerf.

Reney Raven presteer uitmuntend op internasionale vlak.

Reney neem aan die Para-Karate-afdeling deel (gesiggestremd) en is die eerste Suid Afrikaner wat aan Karate Suid-Afrika behoort, wat in dié afdeling Protea-kleure verwerf het.

Volgens haar, was haar grootste doel om ’n Protea te word sodat sy aan almal wat enige gestremdheid het, kan bewys dat ook hulle op internasional vlak kan presteer.

Voorts spog sy reeds met haar tweede Dan in Shotokan karate en sal eersdaags haar derde internasionaal erkende Dan-eksamen aflê.

Reney oefen weekliks by die Three Swords Dojo en is nou die vierde Protea uit hierdie dojo.

Skakel haar by 082 921 5181 vir enige navrae of gelukwense of skakel 082 6087 219.

Exit mobile version