Local sport

Twee Edelvalkers van Standerton presteer by intermagte-kompetisie

Smit en Van Zyl as lede van die NKP se B-span, het by laasgenoemde algeheel eerste geëindig, asook eerste in die Production Class.

Twee lede van die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het aan ’n intermagte-skietkompetisie deelgeneem en hul goed van hul taak gekwyt.

Johan Smit en WAF van Zyl was deel van NKP, die National Key Point-span, met hul nasionale span wat in twee afdelings meegeding het.

In die ope-afdeling het almal met semi-outomatiese (LM/R4) gewere deelgeneem, terwyl in die Presidentskild-afdeling met die lang gewere (LM4/5) en die handwapens (slegs 9mm pistole Production Class) meegeding is.

Smit en Van Zyl as lede van die NKP se B-span, het by laasgenoemde algeheel eerste geëindig, asook eerste in die Production Class.

Hulle het die algehele derde plek in die ope-afdeling behaal met staalvisiere vir die semi-outomatiese gewere.

Related Articles

Back to top button