Local newsSport

Helpende Hand se Ons Winkel-gholfdag op Standerton lok vol baan

Johan Bester en Xander Roux het Saterdag die Ons Winkel-gholfdag met 47 punte gewen. Dié gholfdag het ’n volbaan gelok.

Johan Bester en Xander Roux het Saterdag die Ons Winkel-gholfdag met 47 punte gewen. Dié gholfdag het ’n volbaan gelok.

Volgens Janelize Roux, eienaar van die Helpende Hand Ons Winkel op Standerton, is dié dag ’n eerste van sy soort in die land.

“Spelers het die gewone fooi om te speel, betaal, maar elkeen moes ook skenkings vir die Ons Winkel bring. Sakelui op die dorp het boonop aangebied om insamelingspunte vir die Ons Winkel te wees,” het Roux verduidelik.

Roux het lank met die idee van ’ n Solidariteit Helpende Hand Ons Winkel-gholfdag geloop voordat dit Saterdag ’n werklikheid geword het.

“Die gholfdag gaan oor skenkings aan die Ons Winkel en bewusmaking van Soldariteit Helpende Hand se Standeton-tak en die Ons Winkel Standerton.

“Skenk jou ongebruikte, bruikbare items, speel gholf en maak ‘n verskil in jou gemeenskap.

“Helpende Hand se tema vir die jaar is Hier Is my had, gee my joune. Ons kan net dankie sê vir al die hande wat deur die Standerton-gemeenskap gegee is.”

Roux het die spelers, die borge, SAVF Standerton en AfriForum op Standerton vir die dag se sukses bedank.

Die gebruiklike Woensdag-wedywering op 1 Maart by die Standerton Buiteklub het 30 spelers gelok. Hulle het oor nege-putjies en 18-putjies in ’n medal-formaat meegeding.

Donnie Taljaard het by eersgenoemde geseëvier met ’n netto van 36, gevolg deur Aldo Arnaldi en Deon Grimsell wat albei met 38 geëindig het.


LEES OOK: South African Heroes Awards 2023 opens entries for 5th Instalment


Nick Momberg het 39 aangeteken, gevolg deur Freddie Welmans met 40 en Gerrit Nel met 42.

Johan van Niekerk het die septer oor 18-putjies geswaai met ’n netto van 70, gevolg deur Gert du Preez en Attie Mouton wat albei 72 aangeteken het.

Tertius Brits en Casper Roux het 73 op die telkaart ingevul, terwyl Damian Brink ’n spog-twee behaal het met sy 74.

Nelis Eksteen het ook op 74 te staan gekom, gevolg deur Kobie Coetzee en Mark Nortjé wat albei 75 op die telkaart ingevul het.

Coetzee het ook ’n spog-twee behaal. Henk Botha het in die 10de plek ingeskuif met sy 76 en ’n spog-twee behaal.


LEES OOK: Third attempt to topple Govan Mbeki Municipality’s speaker fails


Ronald Kinnear, Gerrit Coetzee en Ben Steyn het ook ’n spog-twee behaal.

Kobie Coetzee en Brits het die afgelope week die Double Knockout gewen, met Carus Janse van Rensburg en Eksteen in die tweede plek.

Jacques Scholtz en Alex Pieterse het die beterbalkompetisie op Saterdag 25 Februarie met ’n totaal van 48 gewen.
Pieterse het ook ’n spog-twee behaal.

Johan Griesel en Theuns Adendorff het 44 aangeteken, met Leon Myburgh en Vivian Sieger, sowel as Du Preez en Wessel van der Merwe, wat met 43 geëindig het.

Joré Nortjé en Stephen Nortjé, asook Grimsell en Aldo Arnaldi, sowel as Francois Cronjé en Patrizia Lombard, het 42 op die telkaart ingevul.


LEES OOK: Sportfotograaf Wessel Oosthuizen terug op Val vir 80ste verjaarsdag


Joré Nortjé het ook ’n spog-twee behaal.

Daarna het Adri Mynhardt en Herman Mynhardt, asook Louis Gravett en Roux, ingeskuif met 40, gevolg deur Willie Griesel en Clifford van Vuren, asook Patrizia Lombard en Nico Lombard, met 39.

Nico Lombard het ook ’n spog-twee behaal. Johan Brink en Wikus Fourie, sowel as Gerrit Coetzee en Jannie Nichols, het op 38 te staan gekom.

Roux het die Sundowner-kompetisie op Vrydag 24 Februarie met ’n puntetelling van 18 beklink. Die wedywering was in IPS-formaat.

Gravett en Coetzee het albei op 15 te staan gekom, gevolg deur Stephen Nortjé met 12.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button