Local newsSport

MODRA van Eloff se wedvlugduiwe presteer uitstekend

“Die duiwe moes baie goed voorbereid wees om die tog van 650km te kon aflê.”

Lede van die plaaslike MODRA Duiweklub het dit eens dat dié jaar uitsonderlik uitdagend en kompeterend was.
MODRA akkommodeer vliegduifboere in die Victor Khanye-distrik.

Die klub word vanaf Eloff bedryf en het tans 12 aktiewe lede. Daar is ook twee nuwe lede wat die sport in 2023 vir die eerste keer sal beoefen.

Na 16 weke se aaneenlopende kompetisie, het MODRA se laaste wedvlug op Vrydag, 16 September plaasgevind.

Volgens ’n lid van MODRA, Barend Greyling, was die laaste wedvlug weens wydverspreide hittegolwe oor die land, ’n riller.

“Die duiwe moes goed voorbereid wees om die tog van 650km af te lê.”

Die wenduif het omstreeks 15:04 by Greyling opgedaag en sodoende die klub- en organisasiekompetisie gewen.

Die klubkampioen vir 2022 is Barend Greyling, gevolg deur Poena en Mia Naudé in die tweede plek en Noel Quantrill in die derde plek. MODRA het verder die jaar by die Dinokeng Eendag Hokke uitstekend presteer.

Die klub het ’n duif ingeskryf wat ’n 15de plek in die eindstryd behaal het. Dié duif het verder ook ’n 16de plek met die groot Barzalone-wedvlug behaal.

Volgens Greyling is dit die eerste jaar wat MODRA soveel top prestasies behaal het.


ALSO READ: Laerskool Witpoort vermaak gehore


“Die organisasie bestaan uit 57 lede met agt deelnemende klubs wat Windy Corner van Heidelberg / Nigel, Riverpark van Kemptonpark, Jan Smuts van Benoni, Cullinan, Springs, die Ogies- en Witbank-distrik, en ook MODRA wat Eloff, Sundra en Delmas insluit.

“In 2021 was Schalk Louw die enigste MODRA-lid wat onder die top 10 in die organisasie geëindig het, maar tydens die afgelope seisoen kon drie van MODRA se lede daarin slaag om onder die top 10 te eindig.

“Dit sluit in twee organisasie-eerstes uit die hok die Naudés met wenduif 9585 wat 570km moes aflê en die duif het teen 1041 duiwe gekompeteer.

“Die hok van Greyling met wenduif 5814 moes 640km aflê en het teen 1028 duiwe in kompetisie gevlieg. Voorwaar ’n groot prestasie vir ons klub,” het Greyling bygevoeg.


ALSO READ: Rowers slaan toe op geldwa naby Bronkhorstspruit


Die wedvlugte begin in die eerste week van Junie en strek vir 16 weke aaneen tot September. In die af-seisoen vind paring plaas om kleintjies te broei in die Jong Duif Reeks vir 2023 en die ouer duiwe sal aan die Ope Reeks deelneem.”

MODRA klub bied op Saterdag, 22 Oktober om 11:00 die Dinokeng-veiling aan.

“Ons nooi almal om die dag saam met ons te kom geniet.”

Greyling het gesê daar gaan top duiwe vanoor die land beskikbaar wees. Volgens Greyling geniet duifwedvlugte groot erkenning oor die wêreld.

“Dit is ontspannend en kan deur die hele gesin geniet word.

“Erkenning word aan juniors en nuwelinge gegee terwyl die meer gesoute lede altyd daar is om met raad en daad by te staan. Daar word selfs duiwe aan nuwe lede geskenk.”

MODRA bedank al sy lede vir die uitstekende jaar op klub- en organisasievlak, in besonder die drie erelede, Noel Quantrill (85) wat met vyf eerstes, algeheel derde in die klub geëindig, het sowel as Carel du Toit (80) en Seun van den Berg (78).

“Dankie dat julle altyd bereid is om hand by te sit. Elkeen is ’n wenner in eie reg.”

Die klub verwag weer eens sterk kompetisie gedurende die volgende seisoen. Belangstellendes kan vir Barend Greyling skakel by 082 497 3736 of vir Schalk Louw by 082 524 8040.


ALSO READ: Single vehicle accident claims lives of two Bethal men


You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button