SportStreeknuus

Delmas se eie Dakar-tydren bring gemeenskap saam

Sowat 12 spanne het aan die kompetisie deelgeneem.

Die gemeenskap van Delmas het saamgetrek vir NTT Toyota Delmas se eie Dakar-wedren met groot pryse op die spel.

Toyota Delmas Dakar het op Saterdag, 10 September vir opwinding gesorg toe die manne en vroue hul vaardighede in die verskeie items op die proef gestel het.

Al wat leef en beef het by Trapkar net buite Delmas saamgetrek om vir die groot pryse mee te ding en hul slag met hul bakkies te wys.

Sowat 21 spanne van twee elk het aan die strawwe kompetisie deelgeneem en die spanne het reeds van vroeg af begin om hul bakkies se enjins op te warm.

Sakresie-pret by Tapkar.

Die agt hindernisse wat deel gevorm het van die kompetisie, is onder andere blinddoek ry, ’n hindernisroete, agteruit ry met bakkie en sleepwa,’n figuur agt-vaardigheidsbaan en teikenskiet en selfs sakresies.

William Coleman tydens die bierproe-kompetisie.

Na afloop van die stowwerige en harde werk, het die deelnemers ook aan ’n veerpyltjiekompetisie deelneem en kon die kompetisie afsluit met ’n koel lafenis waartydens hulle vyf verskillende soorte bier moes uitken en identifiseer.

Die hindernisbaan was besonder straf en menige voertuie moes deur mede-deelnemers uit die slote gesleep word.

Na afloop van die kompetisie is die wenners aangekondig.

Die hindernisroete tydens Delmas se eie Dakar-wedren.

Sakkie Steenkamp en Barry Spires is die wenners van die dag.

Dawid Botha en Brad Reyneke het met die tweede plek weggestap.

In die derde plek was die Snyman broers, Johan en Philip.

Een van die hindernisse is om met ’n bakkie en sleepwa agteruit te ry.

Die wenners het weggestap met onder andere twee jaggewere, twee 9mm pistole en vele meer.

Die wenners se pryse is geborg deur Guns and Ammo Training op Delmas.

Hendrik Snyman demonstreer sy veerpyltjie-vaardigheid.

Ander borge wat bygedra het om van die dag ’n groot sukses te maak, sluit in Delmas NTT Toyota, Delkor, Trekland, VKB, Afgri en Laeveld Agrochem.

Dit was darem nie net harde werk en kompetisie nie.

Na afloop van die verrigtinge is deelnemers, hul gesinne en besoekers deur Bok van Blerk vermaak.

Die vure het hoog gebrand en die reuk van braaivleis het die lug gevul en wen of verloor, almal het saam gekuier.

Die hindernisbaan sorg vir groot konsentrasie tydens NTT Toyota se Dakar by Tapkar buite Delmas.

Related Articles

Back to top button