Evert Genis-skietbaan speel gasheer vir kompetisie

Corrie Visagie was eerste in die juniorafdeling, terwyl Helen Ellis die eerste plek in die vroue-afdeling behaal het, met Carla Lues tweede.

Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het op Saterdag 9 Julie by die Evert Genis-skietbaan aan ’n kompetisie deelgeneem.

By die jakkalstabel se mansafdeling het Evert Genis eerste geëindig, gevolg deur JC Schoeman en Jaco Booysen.

Corrie Visagie was eerste in die juniorafdeling, terwyl Helen Ellis die eerste plek in die vroue-afdeling behaal het, met Carla Lues tweede.

By pistoolskiet se mansafdeling het John Green eerste geëindig, gevolg deur Johan Geldenhuys en Ampie Cronjé.

Ellis het in die vroue-afdeling geseëvier, gevolg deur Karen van der Linde en Carla Lues.

By die .22 se mansafdeling het Jako Steenkamp die eerste plek behaal, gevolg deur Booysen en Iwan Lues

Carla Lues het die vroue-afdeling beklink, gevolg deur Ellis en Van der Linde.

Exit mobile version