Local sportSportStreeknuus

Delmas Rugbyklub dring deur na halfeindstryd van Valke se Kestrel-liga

Met die blaas van die eindfluitjie was Delmas die wenners met 28 punte teenoor die 24 van die span van Vanderbijlpark.

Dit was vasbyt, bloed sweet, trane, opstaan en voortbeur onder uiterste omstandighede, maar die rugbyspelers van Delmas het gewys dat dit gedoen kan word.

Die laaste wedstryd in die Kestrel-liga is op Saterdag, 9 Julie op die veld van Hoërskool Delmas voltrek.

Die twee spanne wat deelgeneem het, was dié van die Delmas Rugbyklub en die Vanderbijlpark Rugbyklub.

Van die eerste oomblik af was dit duidelik dat nie een van die twee spanne bereid was om met ’n verloor van die veld af te stap nie.

Teen halftyd, het Vanderbijlpark met 21–13 voorgeloop.

Soos met die vorige naweek se wedstryd teen die Katlehong Tigers Rugbyklub, het ’n gemotiveerde Delmas-span ná halftyd na die veld teruggekeer.

Die puntemakers tydens die wedstryd was Eugene Coetzee wat daarin geslaag het om twee drieë te druk.

Nog twee suksesvolle drieë is onderskeidelik deur Jaco Els en Cornelius Mtsweni agter die doellyn geplaas.

Arno van Loggerenberg se skopskoen het vir twee strafskoppe en een doelskop tussen die pale deur gesorg.

Met die blaas van die eindfluitjie was Delmas die wenners met 28 punte teenoor die 24 van die span van Vanderbijlpark.

Albei die spanne het vir die halfeindstryd gekwalifiseer en sal op Saterdag, 16 Julie weer teen mekaar in Vanderbijlpark te staan kom.

“Ons sien baie uit na die halfeindstryd.

“Ons besef dat dit nie ’n maklike wedstryd gaan wees nie.

“Ons sal egter hard werk om ons ondersteuners nie teleur te stel nie.

“As ons vir die eindstryd kwalifiseer, sal daar ’n week van rus wees waarna die eindstryd van die Kestrel-liga op Saterdag, 23 Julie sal plaasvind,” het afrigter, Jandré Senekal, gesê.

Senekal het namens die spelers, bestuur en afrigters vir Laerskool Delmas wat hulle rugbyveld vir oefeninge aan die span beskikbaar gestel het, bedank, asook vir Hoërskool Delmas vir die gebruik van hul veld vir wedstryde.

Eugene Coetzee doelgerig om ’n drie te druk.
Vanderbijlpark se groenes wag vir die speler van Delmas.
Eugene Coetzee doelgerig na die doellyn op pad.
Stoz Machitje van Delmas laat loop met die bal met Eben Celliers kort op sy hakke.
Delmas neem besit van die bal in die lynstaan.

Related Articles

Back to top button