Bronkies loop oor Atteridgeville

Spogrugby in die hartjie van Bronkies.

Bronkies Rugbyklub se manne het gesorg vir spog-rugby op Saterdag, 28 Mei.

Die naelbyt-wedstryde het die pawiljoen laat druis en die eerstespan het brëe bors teen Atteridgeville uitgedraf.

Die rugby was hard en opwindend, maar Bronkies se eerstespan het hul teenstanders met 31–7 geklop.

Emile Rossouw is as die Man van die Wedstryd aangewys.

Bronkies se volgende wedstryd vind op Saterdag, 4 Junie teen Wolverines tuis plaas.

“Dit gaan baie rof wees. Hulle is baie sterk en dit is ’n belangrike liga-wedstryd vir ons,” het voorsitter, Lourens du Plessis, laat hoor.

Die afrigters konsentreer dus om die manne geestelik en liggaamlik vir dié wedstryd voor te berei.

“Kom ondersteun jou plaaslike rugbyklub vir goeie plattelandse rugby op sy beste,” het du Plessis afgesluit.

Andrew Niemand beur deur die gaping.
Jacques Dumas op die halflyn met ’n mooi breekslag druk die eerste drie van die wedstryd.
Leon Oosthuizen sit die bal agterna.
Exit mobile version