School sportSportStreeknuus

Vriendskaplike kaalvoetrugby-kompetisie tussen laerskole Sundra en Delmas

Die middag het gesorg vir heerlike rugby met die ondersteuning van ouers, onderwysers en ywerige afrigters.

Laerskool Sundra en Laerskool Delmas se kaalvoetrugbyspelers het mekaar behoorlik die stryd aangesê.

Dié vriendskaplike wedstryd het op Donderdag, 12 Mei op Laerskool Delmas se velde plaasgevind.

Drie kombinasie-spanne vanuit elke skool in die ouderdomsgroepe agt tot nege jaar,10 tot 11 jaar en 12 tot 13 jaar het in drie spanne naamlik die 0/9, 0/10 en tweedespanne teen mekaar meegeding.

Die 0/9-span van Delmas het uitgeblink met ’n wen van 17–0.

Die 0/10s het vir Sundra met 32 – 0geklop en die tweedes het naelskraap met 22–20 gewen.

Afrigters het dit eens dat die twee jaar waarin die kaalvoete weens die Covid-19 pandemie nie die rugbyvelde kon betree het nie, die spelers effe verroes gelaat het.

Daarom maak die skole gebruik van elke moontlike geleentheid om hul spelers weer speelfiks te kry.

Die middag het gesorg vir heerlike rugby met die ondersteuning van ouers, onderwysers en afrigters.

Related Articles

Back to top button