Local sportSportStreeknuus

Bronkhorstspruiter aangewys as SA-rolbalkampioen

“Nasionale Ope enkel dames kampioen gaan SA in Nieu-Zealand verteenwoordig”

Ina Fourie, ’n rolbaluitblinker van Bronkhorstspruit, neem al 20 jaar deel aan rolbal en is vanjaar as die nasionale ope-kampioen in die vroue enkelspel aangewys.

“Ek was gelukkig om die titel te wen,” het Fourie gesê.

“Dit is die eerste keer dat ek die titel verower. Dit is ’n eer en voorreg, want ek het teen Springbokke en baie ervare spelers meegeding,” het sy laat hoor.

Die nasionale rolbalkampioenskap het op Woensdag, 11 Mei begin. Spelers van oor die land skryf jaarliks vir dié kompetisie in.

Die enkels word gespeel op 21 punte. Daar is 43-afdelings met sowat 130 spelers in die ope-enkels.

“As jy die seksie gewen het, is jy van die laaste 32 spelers wat deurgedring het en uitgespeel het tot die laaste 16 spelers, dan die laaste agt spelers, dan die laaste vier spelers wat die halfeindronde is.

“Die eindronde het op Sondag, 15 Mei in Gqeberha (Port Elizabeth) plaasgevind,” het sy verduidelik.
Fourie gaan nou Suid-Afrika verteenwoordig by die wêreld rolbaltoernooi wat volgende jaar in November in Nieu-Seeland aangebied word.

Op die ouderdom van 40 het haar passie vir rolbal vlamgevat.

Sy het opslae in plaaslike kompetisies gemaak en is raakgesien om provinsiaal deel te neem waar sy verskeie pryse verower het.

Fourie het in Junie verlede jaar reeds haar staal gewys waar sy by die nasionale viere-kampioenskap ook goud ingepalm het.

Related Articles

Back to top button