Local sportSport

Edelvalkers van Standerton slaan die ghonge

Edelvalk se vrouespan Girls with Guns, bestaande uit Elri Bester, Ivett van Rooyen, Natassia Gräbe en Carla Lues het eerste geëindig.

Höningvallei het op Saterdag 30 April ’n ghongskietbyeenkoms aangebied.

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging se Edelvalk-tak het as gasheer opgetree.

Skuts kon na 30 ghonge aanlê en ’n span van vier, kon vyf ‘jokers’ koop, wat beteken het dat as ’n skoot gemis is, die ‘joker’ gespeel kon word.

Edelvalk se vrouespan Girls with Guns, bestaande uit Elri Bester, Ivett van Rooyen, Natassia Gräbe en Carla Lues, het eerste geëindig.

Deon de Villiers het met ’n telling van 300,5 die eerste plek behaal, terwyl MC van Wyngaard, ook met 300,5, tweede was.

Christie Marais en Jan Roux was onderskeidelik derde en vierde, albei met 300,5, gevolg deur Frederick Maritz met 290,4.

In spanverband het Witkieries met 1181,9 geseëvier, gevolg deur Y-Nots met 1081,6.

Punishers het met 1061,8 die derde plek behaal, terwyl Mik en Druk in die vierde plek was met 1021,6 en Flying Frogs vyfde met 1021,4.

Related Articles

Back to top button