Local sportSportStreeknuus

Joubert-susters presteer in perde-uithouritte

Die Joubert-susters palm eerste plekke in vandat hulle onderskeidelik op vier- en twee-jarige ouderdom op die perd se rug grootgeword het.

Perderuiters buite Bapsfontein het onlangs aan die Clarawi-uithourit by Que Serra deelgeneem.

Janike Joubert en haar perd, Nugad Wasabi, het in die junior-afdeling oor 80km met ’n eerste plek weggestap.

Haar jonger suster, Jana, en dié se perd, Arion Kalim, is ook as wenner bekroon in die kinderruiterklas oor 80km.

Die Joubert-susters palm eerste plekke in vandat hulle onderskeidelik op vier- en twee-jarige ouderdom op die perd se rug grootgeword het.

Janike (16) neem al vir die afgelope sewe jaar aan uithouritte deel en Jana (12) neem al vir die afgelope drie jaar aan uithouritkompetisies deel.

Janike was in 2018 vir die SANESA SA Skolespan vir laerskole wat in Namibië gaan deelneem het.

Sy was ook kaptein van die span.

Janike het al aan drie Fauresmith-uithouritte deelgeneem en elke keer onder die Top 5 in haar kategorie geëindig.

Haar jongste sussie volg ook in haar voetspore.

Jana was verlede jaar die eerste kinderruiter wat 200km oor ’n tydperk van drie dae kon ry by die inter-povinsionale kompetisie wat in Dullstroom gehou is.

Janike Joubert nadat sy haar rit voltooi het.
Jana Joubert en haar perd Arion Kalim is onafskeidbaar.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button