SportStreeknuus

Skuts mik fyn op Cullinan om vlieg te skiet

“Vliegskiet-kompetisie lok 36 skuts”

Krokodilspruit Skietbaan buite Cullinan se maandelike skiet-kompetisie het amptelik weer afgeskop.

Sowat 36 deelnemers het op Saterdag, 29 Januarie in die vliegskiet-kompetisie meegeding.

Die skuts het gekompeteer met senterslaggewere en daar was na ’n teiken op ’n afstand van 300m geskiet.

Die kompetisie staan bekend as die “300m Fly-shoot” met die doel voor oë om met al vyf skote die vlieg raak te skiet.

As die vlieg raakgeskiet word, ontvang die skut ’n brons miniatuurvlieg.

Sou die skut met al die skote die vlieg raakklits, dan kry die skut ’n goue vlieg.

Daar was top drie wenners aangewys waarvan Thinus van Wyk ’n eerste plek behaal het met ’n vlieg punt van 103.02.

’n Tweede plek is aan Jasper Venter toegeken en ’n derde plek is deur Anton Stroebel in gepalm.

Die wenner van Master Fly Shoot, Chrisjan Diedericks saam met ’n ander skut, Billy Chamberlain. (Foto: Verskaf)

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button