Gert du Preez maak A-afdeling sy eie by kompetisie op Standerton

In die B-afdeling het Patrizia Lombard se 76 haar die vrouewenner gemaak.

Gert du Preez het met ’n netto van 71 het die A-afdeling van die Maandelikse Beker beklink.

Gholfspelers het op Saterdag 15 Januarie by die Standerton Buiteklub meegeding.

Attie van der Westhuizen en Gerrit Coetzee het albei 72 aangeteken, gevolg deur RJ Kinnear met 73.

Ronald Kinnear het 79 op die telkaart ingevul, terwyl Andrew Harper 82, Damian Brink 83 en Waldi van der Westhuizen 86 behaal het.

In die B-afdeling het Patrizia Lombard se 76 haar die vrouewenner gemaak.

Werner Mouton het in dié afdeling met 71 geseëvier, gevolg deur Aldo Arnaldi met 72 en Johann van Rensburg met 73.

Attie Mouton en Kobie Coetzee het albei 74 aangeteken, terwyl Louis Gravett en Rowan Brink albei 75 op die telkaart ingevul het.

Deon Grimsell, Theuns Adendorff en Tertius Brits het elk met ’n netto van 80 onder die eerste 10 plekke geëindig.

In die C-afdeling het Alida Griesel met 36 punte as vrouewenner geëindig.

Nico Lombard het in dié afdeling die eerste plek met 44 punte behaal, gevolg deur Gerhard Brits met 37.

Phillip du Preez en Francois Cronjé het albei 32 aangeteken, terwyl sowel Ronel Starbuck as Riaan Starbuck 31 aangeteken het.

Fanie Botha het 29 op die telkaart ingevul, gevolg deur Mark Nortjé en Mauritz van Heerden met 28 elk.

Herman Mynhardt en Pieter Bester het albei 26 aangeteken.

Altesaam sewe spog-twee’s is behaal met Gert du Preez, Arnaldi, Kobie Coetzee, Heino Gouws (2), Wian Starbuck en Phillip du Preez wat hul goed van hul taak gekwyt het.

Die uitslae van die gholfkompetisie van Saterdag 22 Januarie sal so gou moontlik gepubliseer word.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version