Sport

Rolbaluitblinker palm pryse in

Ina Fourie, ’n rolbaluitblinker van Bronkhorstspruit, woon al vir 38 jaar hier en neem al 20 jaar aan rolbal deel. Op die ouderdom van 40 het die gogga behoorlik gebyt en Fourie was vir 10 jaar ’n lid van Bronkies se klub. “Ek het toe aangesluit by ’n klub in Pretoria omdat die kompetisie net

Ina Fourie, ’n rolbaluitblinker van Bronkhorstspruit, woon al vir 38 jaar hier en neem al 20 jaar aan rolbal deel.

Op die ouderdom van 40 het die gogga behoorlik gebyt en Fourie was vir 10 jaar ’n lid van Bronkies se klub.

“Ek het toe aangesluit by ’n klub in Pretoria omdat die kompetisie net sterker is en meer uitdagend.”

Sy het opslae gemaak in plaaslike kompetisies en was raakgesien om provinsiaal deel te neem waar sy verskeie pryse verower het.

Sedert daardie eerste liga-toernooie het Fourie in die Gauteng Noord Meesterskampioenskappe goue medaljes in 2015, 2017 en 2019 ingepalm.

“Ek het die voorreg gehad om in Februarie 2019 genooi te wees na die SA Meesterskampioenskap wat ’n wonderlike ondervinding was vir my,” het Fourie vertel.

Sy het in 2019 weer vir goud gemik waar sy die B-span in die interdistrikte kompetisie verteenwoordig het.

Net voor die Covid-pandemie se uitbraak, het Fourie ook 2020 volstoom aangepak en het in Februarie ’n goue medalje op die Gauteng Noord Midweek Vierekompetisie gewen.

Vanjaar het sy weer haar staal gewys toe sy in Junie goud op die Nasionale Viere-kampioenskap verower het.

Sy het by die Gauteng Ope-parekampioenskap wat in September gespeel is met brons weggestap.

Sy het genoem dat haar tydperk in die sport steeds leerjare is.

“Etiket is vreeslik belangrik in die wêreld van rolbal, maar deesdae is die sport meer sosiaal gedrewe. 40 % van die lede is jong spelers. Die jongste lid by my huidige klub is nege jaar oud,” het Fourie laat hoor.

Die wenresep buiten om baan toe te gaan en ure in te sit, glo sy is om nederig te bly.

“Vandag kan jy reg rol en more wil jou hande net nie reg vat nie.”

Fourie het vertel dat ingebore talent of aanvoeling vir balspel en hand-oog-koordinasie van radikale belang is, maar dat die sport ook iets is wat mens kan aanleer omdat daar tegnieke is wat mettertyd ingeoefen kan word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button