Local sportSport

Carla van Standerton beweeg rats tussen die sportsoorte deur

“Spelers op Wimbledon se grasbaan is die lekkerste om na te kyk.”

‘n Gr. 9-leerder van Hoërskool Standerton, Carla van Rooyen, onderskei haar op vele sportgebiede.

Carla het al die pad van Hoërskool Wilgerivier op Frankfort in die Oos-Vrystaat, by SHS ingeval en by mnr. Mathew Khumalo se tennisakademie begin oefen.

As eerstespan-tennisspeler wat sedert gr. 3 al tuis op die tennisbaan is, het Mathew begin leiding gee.

“Hy het gesê dat hy eers aan my afslaan wil werk,” het Carla gesê.

Maar nou hoeveel kishoue kon sy in een wedstryd dan oor die net moker?

“Die meeste wat ek al kon regkry, was drie.”

Haar gunsteling manstennisspeler op internasionale vlak is die Spanjaard, Rafael Nadal, wat nie maklik bes gee nie.

Die sportvrou wat sy bewonder is Victoria Azarenka.

Carla sal moontlik die onderwys oorweeg wanneer haar matriekeksamen afgelê is, maar nie haar neus vir professionele tennis optrek as die geleentheid hom voordoen nie.

Die tenniskalender van Januarie tot Desember op televisie word uiteraard gevolg.

“Spelers op Wimbledon se grasbaan is die lekkerste om na te kyk.”

SHS het nog nie hul tennis­proewe afgehandel nie, wat insluiting in die spanne sal beïnvloed.

Carla is voorts die hulpdoelverdediger in die A-netbalspan van SHS, terwyl atletiek ook nie agterweë gebly het nie.

Landloop, die 400m-hekkies en -naellope is haar kos.

Sy het ook, saam met drie ander atlete, die SA’s in die Paarl vanjaar bygewoon.

Volgende op die program, wag die landloopkompetisie op Amanzimtoti die naweek van 18 September, waar die 4km afgelê word.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button