Local sportSport

Gholfspelers wedywer in verskeie kompetisies by Standerton Buiteklub

In die 18-putjie-kragmeting, waar 18 spelers kragte gemeet het, het Nico Lombard die septer met 35 punte geswaai.

Standerton Buiteklub se gholfspelers het op Woensdag 21 Julie onderskeidelik aan ’n nege-putjie en 18-putjie wedywering deelgeneem.

Altesaam twee spelers het aan eersgenoemde deelgeneem, waar Theuns Adendorff onoorwonne in die IPS-kompetisie was.

Adendorff het 16 punte aangeteken en Wian Starbuck was in die tweede plek met 12 punte.

In die 18-putjie-kragmeting, waar 18 spelers kragte gemeet het, het Nico Lombard die septer met 35 punte geswaai.

Gerrit Coetzee het tweede met 34 punte geëindig, gevolg deur Louis Gravett met 33 punte.

Attie Mouton se 32 punte het aan hom die vierde plek besorg, terwyl sowel Herman Mynhardt as Jacques Scholtz, 31 op die telkaart ingevul het.

Daan Naudé en Ronald Kinnear het albei 30 punte behaal, gevolg deur Stephen Nortjé en Mark Nortjé, albei met 29 punte.

Mouton, Scholtz, Kobie Coetzee en Riaan Starbuck het spog-twee’s aangeteken.

Altesaam 44 spelers het Saterdag aan ’n Beterbal Stableford-kompetisie deelgeneem, waar Malan van der Merwe en Wessel van der Merwe seëvierend uit die stryd met 50 punte getree het.

Jannie Nichols en Johan Schoonraad het tweede met 43 punte geëindig, en die daaropvolgende plek, ook met 43 punte, is deur Johan Griesel en Jabbies Lotz ingeneem.

Herman Mynhardt en Nico Lombard het die vierde plek met 42 punte behaal, gevolg deur Andrew Harper en Wian Starbuck, ook met 42 punte.

Joré Nortjé en Francois Cronjé het ook 42 op die telkaart aangeteken, terwyl Jaco Sutherland en Bertus le Roux 41 aangeteken het.

Casper Roux en Stephen Nortjé het 41 punte behaal, gevolg deur Louis Bibbey en Mark Nortjé met 39 punte.

Kobie Coetzee en Tertius Brits was 10de met 39 punte.

Related Articles

Back to top button