Graceland se vrouespelers blink uit in Hoëveld-gholfliga

Span ontvang Hubert Evans-trofee.

SECUNDA – Vroue van Graceland Hotel, Casino en Buitelugklub het die eindronde van die Hoëveld-gholfliga wat op Woensdag, 2 Junie in eMalahleni (Witbank) plaasgevind het, gewen.

Dié liga word in twee sones gespeel.

Sone 1 vind in die noordelike deel van die Hoëveld plaas en sluit spanne vanaf Bakenveld, Witbank, Middelburg, Greenside en Kriel in.
Middelburg het dié sone gewen.

Sone 2 is in die suidelike Hoëveld en spanne vanaf Piet Retief, Ermelo, Volksrust, Standerton en Secunda het hier meegeding.

Graceland het sone 2 gewen en toe met Middelburg kragte gemeet en weer eens gewen.

Die wentelling in die eindronde was 4/0 en die Hubert Evans-trofee is aan die vrouespan van Graceland oorhandig.

Gholfspelers ding jaarliks, sedert 1962, vir die Hubert Evans-trofee mee.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version