Local sportSport

T20-krieket op Standerton volstoom aan die gang

Eduan de Klerk het vier paaltjies laat spat vir die verlies van 26 lopies.

Die T20 Krieket Besigheidsliga is volstoom aan die gang en is die afgelope naweek met twee wedstryde by die Piet van den Berg-ovaal beslis.

In die eerste kragmeting Sondag het BASF Bears vir Maximed Eagles die stryd aangesê.

BASF Bears het besluit om eerste te kolf met Carus van Rensburg wat 51 lopies van 31 aflewerings aangeteken het.

Werner Mouton het drie paaltjies vir 22 lopies laat kantel.

Maximed Eagles se Andrew van Rensburg het 13 lopies van 12 balle aangeteken.

Carus van Rensburg het drie paaltjies vir 11 lopies geneem.

BASF Bears het die wedstryd met 58 lopies beklink nadat 143/5 aangeteken is.

In die tweede kragmeting het Higveld Milling Honey Badgers teen Mica Mustangs te staan gekom.

Highveld Milling het besluit om eerste te kolf met Marno Lacock wat 38 lopies van 34 balle gemoker het.

Eduan de Klerk het vier paaltjies laat spat vir 26 lopies.

Mica Mustangs se Calvin Minnie het 19 lopies van 15 balle aangeteken.

Stiaan Ackerman kon spog met ses paaltjies vir 20 lopies.

Higveld Milling Honey Badgers het geseëvier met 106 lopies met uiteindelik 168 almal uit na 19,5 beurte op die telbord, terwyl Mica

Mustangs 62 almal uit na 8,4 beurte aangeteken het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button